DIENSTE | SELFHELP | MELD AAN | LEES AANLYN | VORIGE UITGAWES | ENGLISH

 
   
 

#DELETEFACEBOOK?

Elon Musk het dit gedoen, Will Ferrell het dit gedoen, maar sal jy kan oorleef daarsonder? Verlede maand het dit bekend geword dat Cambridge Analytica, ʼn Trump datamaatskappy, Facebookgebruikers se data misbruik het. Moet ons egter verbaas hieroor as ons nie betaal vir Facebook nie? Soos CNN tereg sê "On Facebook, you are the product. Advertisers are the customer". Jòu data is die dryfveer agter Facebook en word daagliks gebruik en verkoop.

Noudat jy weet jou inligting word ingesamel, wat gaan jy doen? Gaan jy meer versigtig jou inligting deel, jou privaatheidverstellings aanpas of pla hierdie nuutste verwikkeling jou glad nie? Laat weet ons en ons plaas jou opinie in volgende maand se uitgawe.

   
 
VERGEET OM TE HERAKTIVEER?

Indien jy internet, e-pos en ander netwerkdienste gebruik, moet jy jaarliks jou gebruikersnaam heraktiveer. Indien jy nie vir 2018 heraktiveer het nie, het jou toegang waarskynlik op 4 April verval. Hoe nou gemaak?. #nuus

 
BELANGRIKE KENNISGEWINGS
+ Beskerm jouself en die netwerk met Windows-opdaterings
+ Wil jy jou wagwoord verander?
+ Gratis aanlyn Microsoft-opleiding
+ Onderrig en leer met MatLab en Simulink

WEES KUBERVEILIG
+ Nuutste strikroof e-posse
+ Hoe om strikrowery te identifiseer
+ Wat is strikroof en hoe vermy jy dit? (video)
+ Deel jy persoonlike inligting? (video)
+ Beskerm dit wat jy wel deel
+ Alle toepassings samel jou data in, nie net Facebook nie.
+ SA is een van die top-vyf lande wat deur gemorspos verpes word

KYK EN LEER
+ 3 aanlyn speletjies wat jou leer om om vals nuus te herken
+ Die Wired-gids tot memes
+ 42 Gmail wenke om jou e-pos te organiseer
+ Dié TED Talk spottery is te goed om nie te deel nie
+ 10 wenke om die beste Spotify-resultate te kry
+ Bemeester Word met hierdie 13 handige wenke
+ Kry jy te veel kennisgewings op jou foon?

IN DIE NUUS
+ Google Assistant ondersteun binnekort meer as 30 tale ondersteun
+ Stellenbosch rekenaarwetenskapstudente kraak hulle pad vorentoe oop
+ Alexa, Amazon se slim-luidspreker lag deesdae sonder rede
+ Selfs pikkewyne neem nou selfies
+ Vir nog nuus, volg ons op Twitter
DIE GESKIEDENIS VAN MALWARE
Om malware te verstaan is dit nodig om terug te gaan na die oorspronklike oersaadjie wat eendag sou ontkiem en ontwikkel in miljoene bose programmetjies waarmee ons deesdae moet worstel. Hierdie is die geskiedenis van malware en die metodes wat oor dekades Lees die volledige Digital Trends artikel. #sekuriteit
 
ADA WINTERSKOOL 2018
In Junie en Julie hou die African Doctoral Academy hulle jaarlikse winterskool met, onder andere, inleidende kursusse in SPSS, R en ATLAS. Die twee, weeklange winterskole beoog om opleiding te gee in hoë impak navorsingsontwerp en metodologie, sowel as opleiding in akademiese gereedheid en loopbaanontwikkeling. #navorsing
 
SA HET DIE DERDE HOOGSTE AANTAL KUBERMISDAADSLAGOFFERS TER WêRELD
Een uit elke 214 e-posse wat in Suid-Afrika gestuur word, is spear phishing, e-posse wat vanaf vertroulike bronne gestuur word met die doel om jou te oortuig om jou persoonlike inligting te deel. #sekuriteit
 
 
KONTAK ONS
Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not endorse any of the services or products mentioned in this newsletter.