WELKOM TERUG
Ons is al ʼn hele maand ver in 2018 en wie onthou nog hulle vakansie? Nietemin, ons wens jou net die beste vir die res van die jaar se avonture, doelwitte en uitdagings.
Een van hierdie uitdagings moet waarskynlik wees om jou persoonlike inligting te beskerm. Het jy geweet dat jy voortdurend data oor jouself en ander op die internet genereer? Sondag (28 Januarie) was Internasionale Data Privacy Day – ʼn dag wat geskep is om ons bewus te maak dat inligting deesdae maklik toeganklik is en dit ons verantwoordelikheid is om ons privaatinligting effektief te bestuur en beskerm.
|