DIENSTE | SELF HELP | MELD AAN | LEES AANLYN | VORIGE WEERGAWES | ENGLISH

 

`N TERUGBLIK OP 2018

2019 staan op ons drumpel en ons kan met verligting terugkyk na wat ons in 2018 bereik het. Ons Senior Direkteur, Attie Juyn, som in dié laaste uitgawe vir die jaar Informasietegnologie se suksesse en uitdagings op.

Gepraat van kyk, kyk ook volgende keer op as julle in die omgewing van Ingenieurswese en Hammanshandweg is. Ons naam is deesdae groot en duidelik bo-op ons gebou aangedui. Intussen kan jy die video op ons YouTube-kanaal kyk.

Laastens wil IT se personeel dankie sê vir julle ondersteuning, hulp en geduld gedurende 2018. Mag julle `n welverdiende ruskans kry en dit saam met vriende en familie geniet.

 
   
 
DIE JAAR IN RETROSPEKTIEF
Wat ʼn opwindende jaar het ons nie gehad nie! Terwyl ek hier skryf, het ons sopas nog ʼn uur of twee van beurtkrag betree en is ek dankbaar vir ʼn betroubare skootrekenaar met batterykrag.
ONDERHOUDSNAWEEK:
7-10 DESEMBER

Geskeduleerde onderhoud van IT-stelsels word beplan vir die naweek van 7 tot 10 Desember vanaf 17:00 Vrydagmiddag tot 08:00 Maandagoggend.
   
TOEGANG TOT SUNLEARN EN ANDER STELSELS
Gedurende die afgelope naweek het enkele stelsels gefaal. IT-personeel is Saterdag uitgeroep om na die probleme om te sien.
   
WENKE EN KORTPAAIE
+ Road Trip SA: ’n onderhoud oor ʼnslimfoontoepassing vir elke reisiger
+ 20 noodsaaklike Windows sleutelbord kortpaaie
+ Google Drive: meer as net ʼn plek om jou lêers te bêre
+ 9 maklike maniere om jou Android-foon minder irriterend te maak
+ 12 Twitter-veiligheidswenke
+ Hoe om die perfekte e-pos te skryf

WEES KUBERBEWUS
+ Nuutste strikroof e-posse
+ Die eerste kuberaanval het reeds 200 jaar gelede in Frankryk plaasgevind
+ Hoe om ʼn wagwoord te skep wat nie eers ʼn superrekenaar kan kraak nie
+ Eenvoudige wenke om belaglik veilige wagwoorde te onthou
 
Volgens die Oxford English Dictionary is ʼn screenager iemand jonk wat baie tyd voor die televisie of met `n rekenaar of slimfoon spandeer. ʼn Screenager is tipies in hul tien- of twintigerjare en is gewoond aan en vaardig met digitale tegnologie, veral rekenaars en die internet.
VOOR JY WEGGAAN.

Die Desembervakansie is om die draai en ons glo jy, nes ons, kan nie wag om jou rekenaar af te sit en te begin ontspan nie. Maar voordat jy gaan is daar `n paar takies wat jy nou al kan afhandel sodat jou terugkoms in Januarie pynloos is.

KWOTA-AFSLUITING

Fotostaat, was, ete en drukker kwotas word op Maandag 10 Desember 2018 afgesluit. Balanse van 2018 word teen studente rekeninge gekrediteer.

TECH-NUUS
+ Die 100 beste innovasie van 2018
+ Hoe om die volgende tech-era te oorleef (verminder spoed en wees meer bewus)
+ Ontmoet Zora, die robotoppasser
+ Die kinders is OK. Regtig.
+ Gmail se slimantwoorde en die groeiende druk van e-pos
+ Is tegnologie besig om die mensdom korrup te maak. Geskiedenis sê nee.
+ Tegnologie maak ons nie mismoedig nie. Ons gebruik dit net verkeerd.
+ Neem ʼn blaaskans van Facebook en probeer hierdie alternatiewe sosiale netwerke
+ Vir nog tegnologienuus, volg ons op Twitter
  Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not endorse any of the services or products discussed in this newsletter.