DIENSTE | SELF HELP | MELD AAN | LEES AANLYN | VORIGE WEERGAWES | ENGLISH

 

REëLS, WETTE EN RIGLYNE

Met verskeie databreuke wêreldwyd die afgelope jaar, is die belangrikheid van databeskerming ʼn relevante gesprekspunt. Buiten die beveiliging en stoor van jou werk en persoonlike data, moet jy ook bewus wees van die wet wat onlangs in werking getree het met betrekking tot die deel van data. In vandag se nuusbrief kyk ons wat GDPR behels.

Waar stoor jy jou data? Vertrou jy wolk-stoorspasie, byvoorbeeld OneDrive, DropBox of Google Drive of verkies jy om jou data binne bereik op ʼn eksterne hardeskyf te bêre? Laat weet ons by bitsbytes@sun.ac.za.

   
 
GDPR BESKERM JOU DATA

Die databeskermingswet het verander en die General Data Protection Regulation (GDPR) het 25 Mei 2018 in werking getree. ʼn Geweldige hoeveelheid inligting is beskikbaar oor GDPR, maar hier is ʼn opsomming.

WENKE EN KORTPAAIE
+ Watter derde-party toepassings het toegang tot jou Gmail?
+ Bot of mens – weet jy wie is wie?
+ Moet jy regtig ʼn flitsgeheuestokkie diskonnekteer voordat jy dit uitpluk?
+ Gebruik Wikipedia se WikiCompass as jou persoonlike toergids
+ Terabytes, Gigabytes, & Petabytes: Wat is die verskil?

WEES KUBERVEILIG
+ Nuutste strikroof e-posse
+ ABSA se nuwe voorkoms reeds gebruik vir phishing
+ Wyse woorde oor wagwoorde
+ Moenie gevang word nie: Hoe om phishing te herken en vermy (infografika)
+: ʼn Kuberkraker se gids om kuberveilig te bly.
+ Foon gesteel? UCT het raad
+ Hoe om nie gephish te word nie (video)

TECH-NUUS
+ Die beste Android-toepassings vir 2018
+ Hoekom kry duisende Swede skielik mikroskyfie-inplantings?
+ Dié sonsoekende plantrobot is heeltemal onprakties, maar tog so oulik
+ Ons breine is verslaaf aan ons toestelle — en dis nie blote toeval nie
+ Netflix spot dryf die spot met DStv met ʼn "installasie” video
VOORDAT JY DIE UNIVERSITEIT VERLAAT
Jy't elders ʼn nuwe werk gekry. Wat gebeur met jou sun e-posadres, data en ander dienste wat jy tydens jou tyd by die Universiteit gebruik het?
STRENGER REëLS VIR VPN
ʼn Groot groep van ons personeel en studente gebruik FortiClient om VPN-toegang te verkry tot die Universiteits-netwerk wanneer hulle nie op kampus is nie. Neem kennis dat daar vir nuwe aansoekers ʼn nuwe aansoekproses vir VPN is.
MAAK JOU STEM DIK

In ons vorige nuusbrief het ons gevra wat jy dink van ons nuwe voorkoms. Hier is wat julle gesê het:

"Your new look is really cool and gives a good idea of what you can help staff with. I also liked your WhatsApp tricks article." - Peter Rule

Wil jy iets met ons deel? Jou opinie of enige interessante nuus is altyd welkom by bitsbytes@sun.ac.za.

+ Vir nog nuus uit die wêreld van tegnologie, kyk gerus na ons oop Twitter-voer
  Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not endorse any of the services or products discussed in this newsletter.