IS JY KUBERBEWUS?
Oktober is Kubersekuriteit-bewustheidsmaand, 'n inisiatief wat deur die Amerikaanse regering geloods is om bewustheid te kweek oor toenemende kubergevare.
Ons probeer jou gereeld waarsku teen gevaarlike e-posse, maar ons kan jou nie teen alle kubergevare beskerm nie. Daarom is dit belangrik dat jy altyd versigtig lees, twee keer dink voor jy kliek en weet hoe om phishing e-posse uit te ken.
Indien jy onseker is oor `n e-pos, gaan kyk op ons blog vir nuuste phishing e-posse of kontak ons dienstoonbank. Al die nuutste IT-kennisgewings en phishing waarskuwings word ook eerste op ons Twitter-rekening geplaas word. Maak dus seker dat jy dit volg om op hoogte te bly.
|