| SOEK  DIE SILWER RANDJIE Die wêreld is op die oomblk `n deurmekaar plek en dis maklik om net op die  negatiewe sy daarvan te fokus. Maar  soms is daar  goed in die wêreld op die mees onwaarskynlike plekke ꟷ jy moet net mooi kyk. Dis presies wat die Goodthingsguy webwerf probeer doen.  Daar is wel een area waar ons maar oorversigtig kan wees en dis in die kuberwêreld. Kubermisdaad sal nooit afneem nie, dis ons verantwoordelikheid om aan te pas, meer bedag te wees en seker te maak ons is ingelig.    Indien jy onseker is oor `n e-pos, gaan kyk op ons blog  vir  nuuste phishing e-posse of kontak ons dienstoonbank. Al die nuutste  IT-kennisgewings en phishing waarskuwings word ook eerste op ons Twitter-rekening geplaas word. Maak dus seker dat jy dit volg om op hoogte te bly.  |