BEDROG – NET `N SMS WEG
Ons weet ons moet versigtig wees om op skakels in e-posse kliek en ons weet hoe om phishing e-posse uit te ken. Gevolglik moes kuberkrakers ʼn nuwe manier kry om ons te bedrieg sodat hulle ons persoonlike inligting (en geld) kan kry – selfone. Lees meer oor die nuutste smishing en wangiri bedrog in hierdie uitgawe.
In ʼn poging om ons kampusnetwerk te beveilig, is ons ook besig om personeelrekenaars op te gradeer na Windows 10. Kyk of jou toestel kwalifiseer vir die gratis opgradering.
Onthou ook dat alle IT-kennisgewings eerste op ons Twitter-rekening geplaas word. Maak dus seker dat jy ons volg of gaan kyk af en toe. |