DIENSTE | SELFHELP | MELD FOUTE AAN | LEES AANLYN | VORIGE UITGAWES | ENGLISH
 
 

Hallo 2017

Ons is een maand enkeldiep in 2017 en om jou in Februarie ʼn voorspoedige jaar toe te wens, is eintlik mosterd na die maal. Nietemin – mag die jaar jou goed behandel. Ons sal alles binne ons vermoë doen om dié jaar tegnologiese haakplekke tot ʼn minimum te beperk.

Ons nuusbrief se uitleg lyk voortaan anders sodat jy makliker en vinniger toegang tot belangrike inligting kan kry. Laat weet ons asseblief of jy dink die nuwe uitleg werk beter.

Weerstaan die versoeking
Dis nie ʼn uitdaging vir kuber-misdadigers om toegang tot sensitiewe data te kry nie. Hulle hoef nie soos sluipdiewe van plafonne te hang en laser-alarms omseil om by bedieners uit te kom nie. Al wat nodig is, is een goedgelowige personeellid of student.

Wat is die oorsprong van kubermisdaad?
In 2016 is $450 biljoen se wins deur kubermisdaad genereer. Wêreldwyd is 2 biljoen rekords gesteel of verloor. Caleb Barlow, ʼn sekuriteitsdeskundige, praat in dié TED talk oor bestaande strategieë se onvermoeë om data te beskerm.

Kan jy sonder e-pos klaarkom?
Waarskynlik nie, né? Daarom is dit ʼn goeie idee om teen Vrydag, 31 Maart jou netwerktoegang te heraktiveer. Hoewel daar nog tyd is, vlieg die eerste paar maande van die jaar vinnig verby en word admin-takies maklik vergeet.
Kry ons op die "Tube"
Ons was al op die radio en hou jou met behulp van Twitter op hoogte van die nuutste tech-nuus.
Maar dié jaar betree ons nuwe, multi-media weivelde met ʼn YouTube-kanaal waar ons nuttige wenke en nuwighede met jou gaan deel.
   
   
   
   
  NUUSHAPPIES
Google Hash Code 2017:
registrasie nou oop.
US ingenieursstudente
verteenwoordig SA in
internasionale kompetisie
Opname oor die integrasie
van IKT in Leer & Onderrig
'n Bietjie inspirasie Something light  
   
   

 

 

 

 

 

 

      KONTAK ONS
 
  Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not indorse any of the services or products discussed in this newsletter.