ENGLISH | LEES AANLYN | KONTAK ONS twitter
 
 
 

Die laaste een

2016 is oor die hond se stert en hierdie is dan ook ons laaste kommunikasie vir die jaar. Maar vir oulaas moet IT komende naweek huisskoonmaak en gevolglik sal daar sporadies `n onderbreking in dienste wees.

Ons hoop jy kry binnekort `n geleentheid vir asemskep en dat jy tyd saam met vriende en familie kan spandeer. Geniet die wegkomkans en reis veilig as jy die langpad vat. Tot 2017.

`n Boodskap van Attie Juyn,
ons Senior Direkteur
Aan die einde van nog ʼn besige jaar kan mens miskien vra:
Het ons gevorder? Ja, daar was uitdagings en terugslae, maar dit ten spyt, was daar tog ʼn lang lys suksesse.

Teken uit, sit af
Dis amper tyd vir vakansie, maar wat van daai lang lysie met goed om te doen? Ons het vir jou een vir die kantoor saamgestel sodat jy nie daaroor ook bekommerd hoef te wees nie.

2016 se tech-hoogtepunte
In November het Tian en Marc-Allen, ons eie radiostemme, op die weeklikse Bits and Bytes radio-insetsel op MFM gesels oor die jaar se beste tech-nuus. Jy kan nou ook aanlyn daarna luister.
Onderhoud komende naweek
Komende naweek word geskeduleerde stelselonderhoud op die universiteitsnetwerk beoog. Sommige dienste sal dus nie beskikbaar wees vanaf 17:00 op Vrydag, 9 Desember tot 07:00 Maandag, 12 Desember, nie.
   
   
  NUUSHAPPIES
  Iets snaaks?
  Luister na ons op MFM
  Whatsapp-verblindery
Raak ontslae van e-afval
   
   
   
   
   

 

 

 

 

 

 

 
  VORIGE UITGAWES | BB OP DIE LUG | SELFHELP | IT DIENSTE | MELD ʼn FOUT AAN  
 
Disclaimer: The views and opinions expressed in this newsletter are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University. Information Technology does not indorse any of the services or products discussed in this newsletter.