Red die aarde, damme, renosters ...
Vanaf 1 November word streng waterbeperkings toegepas in die Wes-Kaap en moet ons noodgedwonge inspring om te bespaar. Of jy gryswater gebruik vir jou tuin of getrou jou plastiek, glas en papier sorteer vir herwinning – elke bietjie maak ʼn verskil. Ons kan jou selfs help om veilig van jou oorbodige elektroniese afval ontslae te raak.
Hulpbronne is nie al waarna ons moet omsien nie, ons natuurlewe word ook ernstig bedreig. Maar hoekom nie tegnologie gebruik om met die reuse taak te help nie?
|