|
Uitgevang
ʼn Bekende gesegde sê:
"Gee ʼn man ʼn vis en hy het kos vir ʼn dag, leer hom visvang en hy het kos vir ʼn leeftyd."
Maar ons beplan nie om ons nuusbrief-onderwerpe skielik te verander van tech na hengel nie en en ons gaan jou ook nie leer visvang nie. Hierdie phishing is `n minder aangename tydverdryf.
|
|
|
|
Hoe om `n phishing
e-pos uit te ken
Ons kan jou nie teen elke phishing e-pos waarsku nie – daar is bykans elke dag `n nuwe variasie. Die enigste persoon wat jou kan beskerm teen phishing-pogings en identiteitsdiefstal, is jyself. |
|
|
|
Gemorspos = geblokte rekeninge
ʼn Gemorspos het verlede week soos `n veldbrand op kampus versprei. Toegang is tot sommige personeel en studente se Outlook wolkpos verkry omdat hulle op ʼn skakel in ʼn phishing e-pos gekliek het. |
|
|
|
Vishing, smishing of phishing?
Teen die tyd weet ons wat phishing is, maar vishing en smishing? Marie Keyworth, besigheidsverslaggewer by BBC World Service, verduidelik hoe hierdie vorme van sosiale manipulasie elke jaar bydra tot die verlies van miljoene in die besigheidssektor. |
|
|
|
|
|
|
|
|