'Allo daar
Google is so deel van ons lewens dat ons die maatskappy se naam feitlik elke dag as `n werkwoord gebruik. In `n verdere stap om die wêreld oor te neem (goed, dis dalk `n bietjie oordramaties), het Google onlangs sy nuwe kletsprogram, Allo, vrygestel.
Ons eie e-posstelsel ondergaan tans groot veranderinge. Lees hoe dit jou gaan beïnvloed in die week se artikel, Welkom op die wolk. Gepraat van e-pos, daar is geweldig baie phishing e-posse wat op kampus rondgestuur word. Wees asseblief versigtig en moenie op enige skakels kliek nie. |