Vroeë Steun Opname (VSO)
Beste Eerstejaarstudent
HOE GAAN DIT MET JOU?/ HET JY DALK HULP NODIG?/ VOLTOOI ASB HIERDIE OPNAME EN KRY ONMIDDELLIK HULP
Elke jaar is ons bewus daarvan dat sommige eerstejaars teen hierdie tyd begin agterkom hulle val vas en ervaar probleme. Hieronder is ’n lys van situasies waaraan eerstejaars blootgestel kan wees. Indien van hierdie goed op jou van toepassing is, MOET jy hulle asb hieronder merk. Onmiddellik nadat jy die opname ingestuur het (ge-"submit" het), sal jy op die skerm ’n lys hulpaanbiedinge ontvang, dit is plekke en persone waar jy om hulp kan gaan aanklop vir die probleme wat jy tans ervaar en wat jy aangedui het jy ervaar.
Jy mag hierdie vraelys anoniem voltooi en hoef gevolglik nie hieronder jou voorletters, van en studentenommer te verskaf nie. Indien jy dit egter wel gee, kan ons opvolgwerk doen en seker maak dat jy die regte hulp ontvang.
Kliek eenvoudig op een van die twee opsies by elk van die 22 items hieronder. Lees daarna die paar paragrawe wat volg, en kliek op die "submit" knoppie. Jou hulp sal daarna, saam met jou keuses op die 22 items, op die skerm vertoon word.
Voorletters:
Van:
Studentenommer:
1
Ek voel baie alleen en eensaam en het nie 'n netwerk van mense waar ek steun en hulp kry nie.
Ja, dit is op my van toepassing
Nie van toepassing op my nie
2
Die werk oorweldig my heeltemal en ek "cope" nie regtig nie.
Ja, dit is op my van toepassing
Nie van toepassing op my nie
3
Ek is baie bekommerd oor my finansiële situasie en weet nie of ek alles sal kan betaal nie.
Ja, dit is op my van toepassing
Nie van toepassing op my nie
4
My huisvesting is 'n groot probleem en/of ek het steeds nie 'n behoorlike blyplek nie.
Ja, dit is op my van toepassing
Nie van toepassing op my nie
5
My aanpassing in die koshuis is 'n groot probleem.
Ja, dit is op my van toepassing
Nie van toepassing op my nie
6
Ek is onseker oor sekere vakke en weet nie of ek die regte vakkombinasies gekies het nie.
Ja, dit is op my van toepassing
Nie van toepassing op my nie
7
Ek is baie onseker of ek in die regte studierigting is en dit beïnvloed my motivering vir my studies.
Ja, dit is op my van toepassing
Nie van toepassing op my nie
8
Ek is onseker of ek die regte loopbaankeuse uitoefen.
Ja, dit is op my van toepassing
Nie van toepassing op my nie
9
Die ryery (pendel) Universiteit toe kry my onder en ek is nie seker of ek dit sal kan volhou nie.
Ja, dit is op my van toepassing
Nie van toepassing op my nie
10
Die geraas in die koshuis kry my onder en ek kry nie gestudeer en geslaap nie.
Ja, dit is op my van toepassing
Nie van toepassing op my nie
11
Ek sukkel om my notas in die lesings by te hou - dosente praat te vinnig en ek weet nie presies hoe om effektiewe notas te maak nie.
Ja, dit is op my van toepassing
Nie van toepassing op my nie
12
Ek is bang en angstig/ die stres kry my onder.
Ja, dit is op my van toepassing
Nie van toepassing op my nie
13
Ek mis klaar lesings omdat ek nie gemotiveerd is nie en/of omdat ek nie by al die lesings kan uitkom nie.
Ja, dit is op my van toepassing
Nie van toepassing op my nie
14
Ek voel totaal ondervoorberei vir Universiteitstudie.
Ja, dit is op my van toepassing
Nie van toepassing op my nie
15
Ek sukkel om alles gelees te kry (ek lees stadig) en ek sukkel om my gedagtes behoorlik op skrif te stel.
Ja, dit is op my van toepassing
Nie van toepassing op my nie
16
Ek sukkel met my tydsbeplanning - daar is net te veel goed en ek weet nie wat om waar in te pas nie, en wat om eerste te doen nie (prioritisering).
Ja, dit is op my van toepassing
Nie van toepassing op my nie
17
Ek begin twyfel aan myself en dit het 'n demotiverende uitwerking op my.
Ja, dit is op my van toepassing
Nie van toepassing op my nie
18
Ek is bang om vrae te vra in die klas en ek vind die dosente intimiderend.
Ja, dit is op my van toepassing
Nie van toepassing op my nie
19
Ek weet nie presies waar om hulp te kry nie.
Ja, dit is op my van toepassing
Nie van toepassing op my nie
20
Ek sukkel om my notas en ander leermateriaal netjies te organiseer en bymekaar te hou.
Ja, dit is op my van toepassing
Nie van toepassing op my nie
21
Ek is bang vir toetse.
Ja, dit is op my van toepassing
Nie van toepassing op my nie
22
Ek spandeer heeltemal te veel tyd aan ander sake as my akademie (sport, ontspanning, sosialisering, ens).
Ja, dit is op my van toepassing
Nie van toepassing op my nie
BAIE BELANGRIK:
Behalwe vir die geïndividualiseerde hulp wat jy gaan ontvang sodra jy die opname "submit", beveel ons ook aan dat jy kennis neem van die volgende 4 moontlikhede.
1. Maak van koshuis- of PSO-mentors gebruik vir enige saak wat jy met ’n medestudent sal wil bespreek
2. Maak van vaktutors gebruik vir enige vakspesifieke saak waaroor jy bekommerd is en wat jy met ’n medestudent wil bespreek. Kontak individuele akademiese departemente om in te skakel by vaktutors, of kontak dr Ansie Loots by die Sentrum vir Onderrig en Leer by Bosmanstraat 15, e-pos
Aloots@sun.ac.za
, of skakel haar by 021-808-3968.
3. Raadpleeg inwonende hoofde van koshuise of besoekende hoofde van PSO-wyke vir enige van die genoemde potensiële probleme.
4. Raadpleeg dosente vir enige aspek van die werk wat jy nie verstaan nie.
Moet asb nie wag nie. Maak dadelik werk daarvan om van die hulp gebruik te maak. Baie studente wag te lank voor hulle hulp vra en dan is dit dikwels te laat. Onthou, die klasloopweke is slegs 13 weke per semester (26 vir die hele jaar!!). Vra dadelik hulp.
Sterkte en weet jy kan sukses behaal!
Met my beste wense
Ludolph Botha
Dr H Ludolph Botha
Senior Direkteur: Akademiese Steun
Senior Director: Academic Support
Universiteit Stellenbosch University
Tel: +27 21 808 3716
Faks/Fax: +27 21 808 2380
E-pos: hlb@sun.ac.za
Created and managed with SmartLite WebQuiz XP