Beskrywing van veranderlike Populariteit
(item 87 in die Alfa Basisvraelys)
Hierdie veranderlike word mbv die volgende stelling of vraag binne die Alfa
Basisvraelys gedefinieer. Die daaropvolgende opsies bepaal sy waarde - die
opsie nommer wat deur 'n gebruiker gekies word, word binne 'n databasis
gestoor.
Stelling of vraag om te evalueer:
Kyk na die volgende eienskap / vaardigheid. Hoe vergelyk jy met die gemiddelde eerstejaarstudent wat aan 'n universiteit studeer? Beoordeel jouself op grond van die eienskap / vaardighied. Ons wil die noukeurigste moontlike selfevaluering hê. Goeie menseverhoudings.
Opsies om te oorweeg:
-
Hoogste 10%
- Bogemiddeld
- Gemiddeld
- Ondergemiddeld
- Laagste 10%
Belangrike opmerking:
Wanneer studente se response binne die voorspellingsmodel gebruik word (wat van
gevorderde statistiese tegnieke gebruik maak), word die gestoorde keuses van
studente sodanig transformeer dat die mees gewensde keuses die grootste waardes kry
en die mees ongewensde keuses die kleinste waardes. Byvoorbeeld:
'n Vraag met 'n positiewe of gewensde antwoord as die eerste opsie, 'n
neutrale antwoord as die tweede opsie en 'n ongewensde of negatiewe antwoord
as die derde opsie, word normaalweg in die databasis van response gestoor met
'n 1 indien opsie 1 gekies is, met 'n 2 indien opsie 2 gekies is en met 'n
3 indien opsie 3 gekies is. Wanneer egter met die voorspellingsmodel gewerk word,
word 'n 3 met opsie 1, 'n 2 met opsie 2 en 'n 1 met opsie 3 geassosieer. Indien die
opsies egter van negatief / ongewens na positief / gewens sou loop, is dit natuurlik nie
nodig om die waardes te transformeer nie (die teenoorgestelde van ons voorbeeld hierbo).