Leefplekke met die Beste en Swakste Akademiese Vordering
Daar is besluit om jaarliks ook die leefplek (koshuis, PSO of ResEd) te beloon
wat akademies die beste vordering oor die afgelope jaar gemaak het.
Al 51 leefplekke se prestasies oor die afgelope twee jaar is op
grond van die volgende prestasie-indikatore vergelyk:
- Semester 1 Geweegde Gemiddelde (huidige jaar) van Eerstejaars as % van Graad 12 Gemiddelde
- Persentasie Semester 1 Krediete Geslaag deur Eerstejaars (huidige jaar)
- Semester 2 Geweegde Gemiddelde (vorige jaar) van Eerstejaars as % van Graad 12 Gemiddelde
- Persentasie Semester 2 Krediete Geslaag deur Eerstejaars (vorige jaar)
- Retensiekoers van Eerstejaars binne die US as Geheel (vorige jaar Eerstejaars Behoue in huidige jaar)
- Semester 1 Geweegde Gemiddelde (huidige jaar) van Nie-finalejaars as % van Graad 12 Gemiddelde
- Persentasie Semester 1 Krediete Geslaag deur Nie-finalejaars (huidige jaar)
- Persentasie Semester 2 Krediete Geslaag deur Nie-finalejaars (vorige jaar)
- Retensiekoers van Nie-finalejaars binne die US as Geheel (vorige jaar Nie-finalejaars Behoue in huidige jaar)
- Persentasie Jaarmodules Krediete Geslaag deur Finalejaars (vorige jaar)
- Gradueringskoers van Finalejaars (vorige jaar)
Die prestasie-indikatore is so gekies dat dit vir eerstejaars en nie-finalejaars
die huidige jaar se eerste semester en die vorige jaar se tweede semester resultate
inagneem. Vir finalejaars is die indikatore so gekies dat dit die vorige jaar
se jaarresultate inagneem - dis so gedoen aangesien baie van Tygerberg se finalejaars
nie semester resultate het nie en hulle gevolglik daardeur ook ingesluit kan word in hierdie
analises.
2014 se eerste semester resultate en 2013 se tweede semester en jaarresultate
is eerstens ingespan om die leefplekke op elk van die gekose prestasie-indikatore
van beste na swakste te rangskik. 'n Eerste plek het 51 punte verdien, 'n
tweede plek 50, ..., en 'n 51 ste plek het een punt verdien.
Die 11 indikatore se punte is vervolgens vir elk van die leefplekke gesommeer.
Dieselfde oefening is herhaal met die vorige siklus se data en 'n tweede telling
is vir elk van die leefplekke bereken. Hierdie tweede tellings is hierna van die eerstes afgetrek.
Die resultaat dui rofweg aan met hoeveel plekke 'n leefplek op die 11
ranglyste verbeter ('n positiewe waarde) of verswak ('n negatiewe waarde) het.
Dit dien dan as basis van ons berekening om te bepaal watter leefplek die beste vordering
op akademiese gebied oor die afgelope jaar gemaak het.
Die resultate van hierdie analise word hieronder gelys.
Die getal tussen hakies na elke leefplek se naam dui rofweg aan met hoeveel plekke
die spesifieke leefplek se posisie verander het oor die afgelope jaar:
'n Positiewe waarde dui op verbetering en 'n negatiewe waarde op verswakking.
- HUIS DE VILLIERS(75)
- HELDERBERG(68)
- ACADEMIA(66)
- NIE INGEDEEL NIE(66)
- PIEKE(59)
- HUIS MARAIS(55)
- HARMONIE(46)
- HUIS NEMESIA(44)
- HUIS FRANCIE VAN ZIJL(39)
- VICTORIA(36)
- HUIS ERICA(35)
- OSLER(35)
- WILGENHOF(28)
- METANOIA (DAMES)(19)
- SIMONSBERG(19)
- EQUITE(18)
- OUDE MOLEN(16)
- MEERHOF(15)
- SILENE(14)
- EENDRAG(12)
- IRENE(11)
- MAJUBA(10)
- MINERVA(10)
- RUBIX(9)
- TYGERBERG(9)
- VICMEYER(8)
- LYDIA(7)
- VALIDUS(7)
- METANOIA (MANS)(4)
- AMAMATIE(1)
- AURORA (MANS EN DAME(-2)
- DAGBREEK (-3)
- NERINA DAMESKOSHUIS(-6)
- VESTA(-8)
- MONICA(-8)
- HUIS VISSER(-9)
- HEEMSTEDE(-17)
- LIBERTAS(-19)
- HIPPOKRATES(-20)
- KERKENBERG(-21)
- SONOP(-23)
- WIMBELDON(-29)
- VENUSTIA(-30)
- HUIS SERRURIA(-38)
- ARISTEA(-38)
- HUIS TEN BOSCH(-40)
- PSO(-42)
- HELSHOOGTE(-65)
- OLYMPUS(-67)
- GOLDFIELDS(MANS)(-78)
- GOLDFIELDS(DAMES)(-84)
HUIS DE VILLIERS is dus die wenner van die prys vir die leefplek wat oor
die afgelope jaar die beste vordering op akademiese gebied gemaak het.