Die Retensie-, Uitval- en Gradueringstelsel vir Akademiese Programme (RUGSAP) aan die US

Neem asseblief kennis van die volgende prosedures en definisies wat in die samestelling van die stelsel gebruik is:

  1. Alle voorgraadse akademiese programme (262 in totaal) wat vanaf 2005 tot 2013 aan die US gevolg kon word, is ge‹dentifiseer.
  2. Kohortanalises is uitgevoer op die 2005 tot 2013 eerstejaarkohorte om te bepaal hoeveel van hulle na sekere tydperke behoue bly, hoeveel uitval en hoeveel gradueer in elk van hierdie programme.
  3. Driesyfer programkodes is in hierdie analises gebruik. Indien 'n student dus oorslaan van een BComm (304) na 'n ander BComm (ook 304) en dan sy graad behaal, sal so 'n student getel word asof hy/sy gegradueer het in dieselfde graadprogram as waarvoor hy/sy oorspronklik ingeskryf het, nl BComm (304), sonder spesifikasie van watter BComm dit is. Indien sessyfer programkodes gebruik sou word, word dit gereken dat hy/sy sy/haar graad behaal het in 'n program anders as die een waarvoor hy/sy oorspronklik ingeskryf het.
  4. Die studente binne hierdie eerstejaarkohorte het almal 'n E-status op die stelsel: alle modules woorvoor hulle ingeskryf is, is eerstejaarmodules. Die groep sluit dus nuweling eerstejaars in maar sluit ook studente in wat nie nuweling eerstejaars is nie.
  5. Dieselfde statistiek is ook saamgestel vir alle n-jarige programme (n = 3, 4, 5, 6, 7) vir verskillende omgewings. Dit kan ook programme insluit wat nie meer in 2013 aangebied word nie, maar wat byvoorbeeld in 2005 wel aangebied was.
  6. Programme kan moontlik deur ander vervang gewees het tussen 2005 en 2013. Die stelsel volg studente op grond van programkodes, maar hanteer 'n plaasvervangende program(kode) as 'n ander program(kode).
  7. Ten einde te bepaal hoeveel studente behoue gebly het in dieselfde program na 'n halwe jaar is die getal wat aan die begin van Julie van hulle eerstejaar 'n STAAK-indikator op hulle studenterekord het, afgetrek van die grootte van die kohort.
  8. Ten einde te bepaal hoeveel studente behoue gebly het in dieselfde program na een en 'n halwe jaar is die getal wat aan die begin van Julie van hulle tweede jaar van registrasie 'n STAAK-indikator op hulle studenterekord het, afgetrek van die getal van die kohort wat aan die begin van daardie jaar steeds geregistreer was.
  9. Soortgelyk hieraan: Ten einde te bepaal hoeveel studente behoue gebly het in dieselfde program na n en 'n halwe jaar (n = 2, 3, ...8) is die getal wat aan die begin van Julie van hulle (n+1) de jaar van registrasie 'n STAAK-indikator op hulle studenterekord het, afgetrek van die getal van die kohort wat aan die begin van daardie jaar steeds geregistreer was.
  10. Gegradueerdes in dieselfde program teen Julie 2013 sluit alle studente in van 'n spesfieke kohort wat teen Julie 2013 reeds gegradueer het. Studente in 'n driejarige program wat binne die minimumtydperk van 3 jaar gradueer, kan dus slegs uit die 2005 tot 2010 kohorte kom.
  11. Die getal van 'n eerstejaarkohort wat teen Julie 2013 uitgeval het uit 'n program is gelyk aan die oorspronklike grootte van die kohort in daardie program minus die getal wat teen Julie 2013 gegradueer het in daardie program, minus die getal wat steeds behoue / geregistreer is in daadie program teen Julie 2013.
  12. Uitvallers sluit dus biede stakers en diegene wat van program verander het in. Laasgenoemde (studente wat van program verander het) sluit suksesvolle en onsuksesvolle studente in.
  13. Indien programkodes verander het tydens 'n student se studie sal so 'n student getel word as een wat van program verander het.
  14. Tabelle 1 en 2 op die resultaatbladsye van elke program weerspie‰l bostaande - tabel 1 gee die getalle en tabel 2 die persentasies.
  15. Die uitvallers word in diepte ge-analiseer in tabel 3 op 'n program se resultaatbladsy. Uitvallers word opgedeel in drie groepe, te wete, die wat van program verander het en steeds ingeskryf is, die wat van program verander het en suksesvol gegradueer het, en laastens, die wat glad nie meer ingeskryf is nie. Laasgenoemde groep sluit dus ook diegene in wat van program verander het maar wat nie meer geregistreer is nie. Die verskillende groepe word per kohort aangedui soos bepaal teen Julie 2013 - beide getalle en persentasie word gelys.
  16. Die graduandi in elke program word ook per kohort ontleed en in tabel 4 op elke program se resultaatbladsy aangedui. Die volgende persentasies word gelys: Die persentasie gegradueer in oorspronklike program binne minimumtydperk min een jaar, die persentasie gegradueer in oorspronklike program binne minimumtydperk, die persentasie gegradueer in oorspronklike program binne minimumtydperk plus een jaar, die persentasie gegradueer in oorspronklike program binne minimumtydperk plus twee jaar, die persentasie gegradueer in oorspronklike program binne minimumtydperk plus drie jaar, die persentasie gegradueer in oorspronklike program binne minimumtydperk plus vier jaar, die persentasie gegradueer in ander as oorspronklike program, en laastens, die totale persentasie gegradueer in oorspronklike of 'n ander program. Laasgenoemde is 'n baie belangrike aanwyser.
  17. In uitsonderlike gevalle is dit moontlik vir iemand om sy program in die minimumtydperk minus een jaar te voltooi, byvoorbeeld indien hy/sy erkenning kry vir vorige studies by ander instansies.
  18. Kleure word in tabelle 1 tot 4 gebruik om baie belangrike syfers te beklemtoon en help gevolglik die leser om vinnig die belangrikste aanwysers raak te sien - veral baie nuttig wanneer verskillende programme met mekaar vegelyk word.
  19. Elke program se statistiek is ook vir wit, swart en bruin studente, mans- en vrouestudente, studente met Afrikaans as huistaal en Engels as huistaal, en vir studente met sekere matriekprestasievlakke ontleed. Hierdie groepe is spesifiek gekies omdat hulle in baie gevalle wel sinvolle getalle vir vergelykings oplewer. Skakels na die subgroepe se statistiek is aan die onderkant van elke program se resultaatbladsy gelys. Onthou om mbv jou "browser" se "Back" knoppie tekens terug te kee na 'n program se hoofbladsy (resultaatbladsy).
  20. Op die beheerbladsy van die RUGSAP word al die programme per fakulteit gelys. Opsommende statistiek per fakulteit en vir die universiteit as geheel word aan die onderkant van daardie bladsy gevind. Retensie-, uitval- en gradueringstatistiek vir alle n (n = 3, 4, 5, 6 en 7) jarige programme binne 'n spesifieke omgewing kan maw van daar verken word.
  21. Die opsommende statistiek per fakulteit en die universiteit as geheel is ook vir 'n aantal subgroepe beskikbaar - dieselfde tien as vir die individuele programme plus 'n addisionele 21 wat jou toelaat om sekere groepe se universiteitprestasies ook op grond van hulle matriekprestasies met mekaar te vergelyk. Dis sinvol aangesien matriekprestasie steeds die enkele beste voorspeller van prestasie op universiteit is.
  22. "Stereotype Threat" word gereken as een van die redes waarom wit studente per matriekprestasievlak beter prestreer op universiteit as bruin studente en waarom mans per matriekprestasievlak in hoogs wiskundige rigtings beter vaar op universiteit as vroue (ten spyte van die feit dat vroue normaalweg beter vaar as mans). Die opsommende statistiek per fakulteit en vir die universiteit as geheel kan ingespan word om hierdie verskynsel te ondersoek en bewyse daarvoor, of daarteen, in die data te vind. Om meer oor "stereotype threat" te leer, besoek gerus hierdie webwerf.

Kliek hier om RUGSAP te verken.

Kontak vir Dr Alten du Plessis by sadp at sun.ac.za indien jy enige navrae oor die stelsel het, addisionele ontledings vir jou program benodig of by 'n gesamentlike projek wil betrokke raak.

BAIE BELANGRIK: RUGSAP is gebaseer op data wat vanaf die hoofraam onttrek is. Die korrektheid van die hoofraamdatabasis is die eienaar daarvan se verantwoordelikheid. Hierdie opdatering is op Dinsdag 17 September afgehandel.