Lesings, werkswinkels, aanbieding van uitstallings en besoeke aan kunsgallerye
en kunstenaarsateljees.

 


Maandelikse aktiwiteite word gereël. Lede word per epos in kennis gestel.

AGTERGROND

Kunsvereniging Stellenbosch het op 29 Maart 2006 ontstaan uit die Kunstenaarskring van Stellenbosch om te voldoen aan die behoeftes van nie alleenlik kunstenaars nie, maar ook van nie-kunstenaars wat in visuele kunste belangstel.  As ’n nie-winsgewende organisasie word die bates van die vereniging uitsluitlik vir die belegging in en die bevordering van sy doelwitte gebruik. 

Ons is ’n lid van die DIE SUID-AFRIKAANSE VERENIGING VIR VISUELE KUNSTE (SANAVA) wat talle voordele vir lede inhou.

DOEL

  • Bevordering van alle soorte visuele kunste
  • Skepping van 'n aktiewe visuele kunste kultuur by lede van alle gemeenskappe
  • Ontwikkeling en ondersteuning van kunstalent. Vaardighede sowel as kunswaardering

 

Lees ons KONSTITUSIE

Vind meer uit oor LIDMAATSKAP