| --
--
AGTERGROND
Kunsvereniging Stellenbosch het op 29 Maart 2006 ontstaan uit die Kunstenaarskring van Stellenbosch om te voldoen aan die behoeftes van nie alleenlik kunstenaars nie, maar ook van nie-kunstenaars wat in visuele kunste belangstel. Oor ’n periode van vyf jaar het die Vereniging gegroei tot ’n ledetal van meer as 200. As ’n nie-winsgewende organisasie word die bates van die vereniging uitsluitlik vir die belegging in en die bevordering van sy doelwitte gebruik.
Ons is ’n lid van die DIE SUID-AFRIKAANSE VERENIGING VIR VISUELE KUNSTE (SANAVA) wat talle voordele vir lede inhou.
KONSTITUSIE
DOEL
· Bevordering van alle soorte visuele kunste
· Skepping van 'n aktiewe visuele kunste kultuur
by lede van alle gemeenskappe
· Ontwikkeling en ondersteuning van kunstalent. Vaardighede sowel as kunswaardering
AKTIWITEITE
Lesings, werkswinkels, aanbieding van uitstallings en
besoeke aan kunsgallerye en kunstenaarsateljees
LEDEBYEENKOMSTE
Lede vergader tweemaandeliks op die laaste Woensdag
van die maand in die Sasol Kunsmuseum
LIDMAATSKAP
|