Model
Die gemeenskapsinteraksiemodel
wat vir die Universiteit Stellenbosch aanvaar is, berus op twee breë
fokusareas:
•
Gemeenskapsvennootskappe (tussen die Universiteit en
gemeenskapsinstellings) wat relevant is vir plaaslike, streeks- en nasionale
prioriteite, sowel as die fokusareas van die Universiteit om ooreengekome
gemeenskaplike doelwitte te bereik.
• Samelewingsverantwoording deur kennisverbreding
(leer) en kennisontdekking (navorsing) te integreer met gemeenskapsrealiteite
(toepassing) wat kulmineer in ’n sistemiese benadering tot die
implementering van die kernfunksies van die Universiteit.
(US Gemeenskapsinteraksiebeleid, 2004)
|