Afdeling
vir Gemeenskapsinteraksie
Rol
van die Afdeling
Die rol van
die Afdeling vir Gemeenskapsinteraksie is om die institusionele en operasionele
been van die kernfunksie Gemeenskapsinteraksie te ondersteun, te fasiliteer
en te bestuur. Die oorhoofse doel van die afdeling is vierledig, naamlik:
Koördinering, Ondersteuning, Kapasiteitsbou en Kwaliteitsversekering.
Hierdie afdeling
sal nie self by gemeenskapsaksies betrokke raak nie, maar vennootskappe
met gemeenskappe inisieer en prosesse fasiliteer en ondersteun wat gemeenskapsinteraksie
sal versterk.
Funksies
van die Afdeling
Die Afdeling
Gemeenskapsinteraksie vervul die volgende funksies ter ondersteuning van
die kernfunksie binne die Universiteit:
•Koördinering
van gemeenskapsaksies deur instansies binne die Universiteit deur middel
van die gevormde strukture.
•Fasilitering van samewerking tussen bestaande gemeenskapsaksies
in die soeke na waardetoevoeging en sinergie sowel as die vestiging van
nuwe multidissiplinêre gemeenskapsprogramme.
•Inisiëring van nuwe projekte en programme in vennootskap met
gemeenskappe.
•Netwerking met plaaslike, streeks-, provinsiale, nasionale en internasionele
instansies met die oog op kundigheidsverbreding en potensiële vennootskappe.
•Die ontwikkeling van meetinstrumente vir doeltreffende monitering
en evaluering van programme en projekte.
•Die versterking van die korporatiewe beeld van die Universiteit
deur blootstellingsgeleenthede op plaaslike, streeks-, provinsiale, nasionale
en internasionale vlak te benut en te skep.
•Die ontwikkeling van strategieë om doeltreffend en volhoubaar
inkomste te genereer deur middel van projekte en programme relevant tot
die behoefte van die gemeenskappe en in ooreenstemming met prioriteite
wat van nasionale belang is.
•Die skep van ’n bemagtigende omgewing vir die nuwe paradigma
in gemeenskapsinteraksie wat sal insluit die ontwikkeling van diensleermodules,
identifisering en mobilisering van leerlokaliteite en die ontwikkeling
van ondersteuningsmeganismes.
•Die mobilisering van bestaande projekte om as potensiële leerlokaliteite
aangewend te word.
•Die ontwikkeling van relevante bestuursinligting en die vestiging
en instandhouding van ’n databasis om bostaande funksies te ondersteun.
•Advies aan die Viserektor (Gemeenskapsinteraksie en Personeel) t.o.v. beleidsoperasionalisering,
-hersiening en -herformulering op ‘n deurlopende basis.
|