akker     Bits & Bytes: Jou IT-nuusbrief
IN HIERDIE UITGAWE

HOEKOM WAG? VERANDER NOU!

SPIEëLWEBWERWE TOT JOU BESKIKKING

TE VEEL LYNOPSIES?

SKOOTREKENAARS NOU MEER BEKOSTIGBAAR VIR STUDENTE

NUUT OP DIE TEGNOLOGIESE FRONT


 

    [For the English version of this newsletter, click here.]
   

Dit raak by die dag meer van `n uitdaging om by te hou by nuwe tegnologie, of dit nou rekenaars, selfone, tablette, of enige ander elektroniese toerusting is. Die goeie nuus is dat jy nie alles hoef te weet nie - dis waarvoor ons daar is. Maar soms is dit tog interessant om te sien wat deur al die slim mense daarbuite uitgedink word.

Vanaf die week sal ons, met elke uitgawe, vir jou `n brokkie nuus oor een nuwe tegnologiese verwikkeling bring. Wie weet, al gaan jy dit dalk nooit self gebruik nie, kan dit handig te pas kom wanneer jy `n vervelige gesprek wil opkikker of vriende probeer beïndruk.

     
    Groete van oorkant Merriman
Die IT-span
   
   

HOEKOM WAG? VERANDER NOU!

Elke 90 dae treiter jou rekenaar jou met `n boodskap wat jou laat sug van moedeloosheid, jy gevolglik ignoreer en dan vermy tot op die nippertjie. En hoekom? Want dis moeite en breinkrag om `n oorspronklike wagwoord uit te dink wat jy nie na twee dae gaan vergeet nie. Lees meer ...

Terug na bo

   
   

SPIEëLWEBWERWE TOT JOU BESKIKKING

Het jy geweet daar is sekere webwerwe waartoe jy plaaslik toegang kan kry sonder om Inetkey te gebruik? Hierdie webwerwe staan bekend as spieëlwebwerwe, of te wel, "mirror sites". Lees meer ...

Terug na bo

   
   

TE VEEL LYNOPSIES?

Hoe handig is dit nie om deesdae (natuurlik as die begroting dit toelaat) internet in ons huise te kan hê nie. Anders as 5 jaar gelede kan jy nou `n resep "google" in plaas van die Kook en Geniet gryp. Of in die middel van `n fliek gou die naam van die akteur opsoek wat so bekend lyk, maar wie se van jy skielik om der dood nie kan onthou nie. Lees meer ...

Terug na bo

   
   

SKOOTREKENAARS NOU MEER BEKOSTIGBAAR VIR STUDENTE

Studente kry reeds toegang tot die kampusnetwerk en IT-stelsels d.m.v. ongeveer 2500 rekenaars in RGAs. Addisioneel tot die fasiliteite in RGAs word voorsien dat studente egter toenemend hul eie draagbare skoot- of tabletrekenaars na die kampus sal bring. Lees meer ...

Terug na bo

Student laptop initiative
   
   

NUUT OP DIE TEGNOLOGIESE FRONT

Samsung Electronics se nuutste vlagskip intelligente foon, die Galaxy S3, is gisteraand na groot afwagting in Suid-Afrika bekendgestel. Lees meer ...

Terug na bo

       
bottom banner