Bits & Bytes header
IN HIERDIE UITGAWE

WATTER WEBBLAAIER?

SOEK JY SPOED?

TOEGANG NA BIBLIOTEEK E-BRONNE

ADSL OF BIG MAC?

SHAREPOINT SESSIES OM DIE DRAAI


 

    [For the English version of this newsletter, click here.]
   

Wat het ons tog gedoen voordat daar internet was? Skooltake is met baie moeite nagevors uit die beperkte aantal boeke en naslaanwerke in jou plaaslike biblioteek en jy moes ure lank soek na die regte inligting. Nou tik jy `n paar woorde in Google en skielik verskyn `n magdom inligting - meer as wat jy regtig nodig het. Dalk `n goeie en slegte ding?

Hoe dit ookal sy - die internet is hier om te bly en aangesien ons dit het, moet ons dit maar so effektief moontlik gebruik. In vandag se uitgawe kyk ons onder andere na die verskillende webblaaiers en watter een die beste vir jou sal werk.

     
    Groete van oorkant Merriman
Die IT-span
   
   

WATTER WEBBLAAIER?

Lank gelede toe die internet nog sy eerste treë gegee het, was die enigste opsies vir webblaaiers Internet Explorer en Netscape. Gelukkig is daardie dae iets van die verlede. Vandag kan jy `n webblaaier kies wat aan jou behoeftes voldoen – wat dit ookal mag wees. Ons het gaan notas maak sodat jy meer tyd op die internet kan spandeer. Lees meer ...

Terug na bo

   
   

SOEK JY SPOED?

Ons is altyd op soek na meer tyd en wil alles vinniger doen. Om vinniger iets op die internet op te spoor is een opsie. Hier is `n paar slim idees om seker te maak jy kry die beste moontlik uit jou webblaaier se funksionaliteit. Lees meer ...

Terug na bo

   
   

TOEGANG NA E-BIBLIOTEEKBRONNE

Tot op hede word gratis Internet toegang tot die US Biblioteekdiens se subskripsie gebaseerde elektroniese bronne deur ‘n verstelling in die gebruiker se webleser bewerkstellig. Lees meer ...

Terug na bo

   
   

ADSL OF BIG MAC?

Breëbandpryse het die afgelope dekade ooglopend gedaal, maar dieselfde kan nie van ander produkte gesê word nie. Rudolph Muller van www.mybroadband.co.za het gaan ondersoek instel en op `n paar interessante feite afgekom. Lees meer ...

Terug na bo

   
   

SHAREPOINT SESSIES OM DIE DRAAI

In ons vorige uitgawe het ons aangekondig dat daar binnekort nuwe verwikkelinge gaan plaasvind as dit kom by databestuur op kampus. Heelwat van julle het ook aangedui dat julle deel wil wees van die proses en ingelig wil bly. Lees meer ...

Terug na bo

       
info banner