Bits & bytes banner
      [For the English version of this newsletter, click here.]
IN HIERDIE UITGAWE

Gratis toegang tot uitgesoekte webwerwe

IT op jou drumpel

Spits jou oortjies vir Inetkey

Het jy jou data gerugsteun?

Vat kortpad

Wil jy iets nuut leer?


   

Beste kollegas

Bits & Bytes sal voortaan met elke uitgawe `n spesiale afdeling hê wat fokus op sagteware en applikasies soos Word, Outlook, Antivirus sagteware, die internet ens. Met die nuwe reeks wil ons graag handige inligting & wenke deurgee sodat jou werksdag `n bietjie gladder kan verloop.

In die lig van die onlangse veranderinge met Inetkey en die nuwe vuurmuur, skop die reeks af met die internet. Die eerste artikel fokus op die gebruik van oortjies in jou webblaaier (Ja, selfs jou webblaaie het deesdae ore!) en ook `n paar handige kortpaaie vir jou webblaaier.

     
    Groete van oorkant Merriman
Die IT-span
   
   

Gratis toegang tot uitgesoekte webwerwe

Jammer, maar Facebook en Twitter val ongelukkig nie onder hierdie kategorie nie. Ons verwys wel na webwerwe wat deel vorm van die SANREN-netwerk waartoe jy voortaan gratis internettoegang sal hê. Lees meer ...

Terug na bo

     
     

IT op jou drumpel

Een van die dae sal jy al jou navrae en klagtes kan stem gee by jou eie IT-fakulteitsbeampte. Lees meer ...

Terug na bo

     
     

Spits jou oortjies vir Inetkey

Verdwyn jou webbladsye gereeld terwyl jy op jou lekkerste lees of wil jy meer as een webblad gelyktydig oopmaak, maar dis net te veel van `n gesukkel? As jy nog nie die wonder van oortjies ("tabs") in jou internetblaaier ontdek het nie, lees gerus hier meer ...

Terug na bo

     
     

Het jy jou data gerugsteun?

Vyf woorde wat jy nie wil hoor nie. Die meeste van ons is nie te bekommerd oor die data wat op ons werkrekenaars is nie – totdat jou rekenaar se hardeskyf ingee en al die dokumente en navorsing waaraan jy ure gewerk het in `n oogwink verdwyn.

Om seker te maak dit gebeur nie mer jou nie, lees meer oor wat IT vir jou kan doen om jou data te beskerm.

Terug na bo

     
     

Vat kortpad

Soms is daar net nie tyd om dinge op die lang manier te doen nie. Ons het vir jou `n paar sleutelbord-kortpaaie vir jou webblaaier gaan opspoor. Lees meer ...

Terug na bo

     
     

Wil jy iets nuut leer?

Tyd om daardie grys breinselletjies `n bietjie rond te skud. Die nuwe datums vir ons kursusse is pas bekendgemaak. Lees meer ...

Terug na bo

      ENIGE VRAE? KONTAK ONS BY HELPINFO@SUN.AC.ZA OF 021 808 4367