Nuwe Inetkey     Bits & bytes banner
      [For the English version of this newsletter, click here.]
IN HIERDIE UITGAWE

My internet is gebreek!

Internettariewe verlaag

VPN - jou verbinding by die huis

Herregistreer en bly aanlyn


   

Aangesien ons almal die ure aftel tot die langnaweek, is dié week se Bits & Bytes kort en kragtig, maar steeds propvol belangrike inligting oor jou netwerk- en internettoegang.

Dus, voordat jy jou gaan vergryp aan die paaseiers, lees net gou hier.

     
    Groete van oorkant Merriman
Die IT-span
   
     

My internet is gebreek!

Darem nie. Maar skielik is die NXInetkey ikoon skoonveld en jou enigste verbinding met die buitewêreld afgesny! Moenie paniekerig raak nie, jou internet is nogsteeds daar - net beter. Lees meer ...

Terug na bo

     
     

Internettariewe verlaag

Danksy die Universiteit se samewerking met SANREN en die implementasie van die nuwe Fortigate vuurmuur ("firewall"), kan gebruikers nou uitsien na laer internettariewe en meer stabiele internet. Lees meer ...

Terug na bo

     
     

VPN - jou verbinding by die huis

Met die uitrol van die nuwe vuurmuur ("firewall") het die prosedures vir toegang tot die internet vir tuisgebruikers ook verander. As jy een van die gelukkiges is wat by die huis kan werk, kan jy onderstaande instruksies volg en sal jy in `n oogwink weer aan die gang wees. Lees meer ...

Terug na bo

     
     

Herregistreer en bly aanlyn

Maandag is die laaste dag wat jy kan herregistreer vir netwerkgebruik vir 2012. Dit beteken as jy nie jou gebruikersnaam gaan heraktiveer voor 24:00 op Maandag 9 April nie, gaan jy Dinsdagoggend geen internet of e-pos hê nie ... So om jouself te red van algehele afsondering van die samelewing, gaan herregistreer deur aan te teken by www.sun.ac.za/useradm. (Kliek op "Reactivate usernames for 2012".)

Terug na bo

      ENIGE VRAE? KONTAK ONS BY HELPINFO@SUN.AC.ZA OF 021 808 4367