Bites & Bytes heading
IN HIERDIE UITGAWE

E-wat?!

Tyd vir elektroniese huisskoonmaak

Kuberkonferensies ons voorland?

Begin beweeg!

Red `n boom, lees jou e-pos aanlyn

So jy't `n nuwe selfoon ...



    [For the English version of this newsletter, click here.]
   

Groentjie met groenwees?

Deesdae is almal groen. Maar of jy nou `n supergroen herwinnings-kampvegter is wat aspirasies het om by Green Peace aan te sluit of `n ligtegroen ligpropvervanger, elke bietjie help.

Ook as dit by rekenaars en elektroniese toerusting kom, kan jy met min moeite `n impak maak. Ons het `n paar idees as jy groen wil gaan.

     
    Groete van oorkant Merriman
Die IT-span
   
   

E-wat?!

Elektroniese afval (e-afval) is die term wat gebruik word om verouderde of weggooitoerusting wat met elektrisiteit werk, te beskryf. Dit sluit rekenaars, elektroniese gebruikerstoerusting, batterye, ens. in waarvan die oorspronklike eienaars ontslae geraak het. Lees meer ...

Terug na bo

     
     

Tyd vir elektroniese huisskoonmaak

Jy het dit regtig nie meer nodig nie - daardie skerms uit die 80's wat in die hoek van jou motorhuis opgestapel staan of die drukker wat nog werk, maar meer soos `n saag as `n werkende toestel klink.

Nou kan jy al jou ou rommel vir IT bring en ons sal daarvan ontslae raak VIR jou. Dink net, binnekort kan daar dalk plek vir jou motor in die motorhuis wees. Lees meer ...

Terug na bo

     
HANDIGE GROEN SKAKELS:

Sustainable IT
National Recycling Forum
Greenworks
Ewasa
WWF
Smart Living Handbook
Urbansprout
   

Kuberkonferensies ons voorland?

Hoender of bief? Sal dit nie salig wees om jouself nie meer bloot te stel aan suspisieuse vliegtuigmaaltye en verlore bagasie nie? Deesdae is dit nie meer nodig om kilometers ver te vlieg vir `n eenuur vergadering nie. Meer en meer besighede maak gebruik van virtuele konferensies om geld te spaar en terselfdertyd hul koolstof-voetspoor ligter te maak. Lees meer ...

Terug na bo

     
   

Begin beweeg!

Wat kan die universiteit se nuwe Mobiliteitsplan te doen hê met informasie- en kommunikasietegnologie? Eintlik nogal baie. Lees meer ...

Terug na bo

     

ENIGE VRAE? KONTAK ONS BY HELPINFO@SUN.AC.ZA OF 021 808 4367

VORIGE UITGAWES VAN BITS & BYTES GEMIS? ALLE INLIGTING IS BESKIKBAAR OP IT SE BLOG.

 

   

Red `n boom, lees jou e-pos aanlyn

Die universiteit gebruik ongeveer tussen 54 en 60 miljoen velle papier per jaar. Nogal heelwat papier, né? Informasietegnologie het verlede jaar `n nuwe drukkersbestuursisteem implementeer en die positiewe resultate is reeds duidelik sigbaar. Lees meer ...

Terug na bo

   
   

So jy't `n nuwe selfoon ...

Maar wat maak jy met die ou een? Ongeveer 44% van ou selfone lê ongebruik rond. Tussen 65% en 80% van `n selfoon se material kan herwin of hergebruik word. Lees meer ...

Terug na bo