For the English version of this newsletter, click here.
 
IN HIERDIE UITGAWE
» Aftyd die naweek
» Ons is op Skype!
»

Kuberstrikke vang personeel

» Gratis Windows opgraderings
» IT kursusse Junie & Julie

Met die eerste semester wat sy laaste asem aan die uitblaas is,
gaan ons jou nie vandag toegooi met inligting nie - net die nodigste, maklik-verteerbare happies. Hierdie uitgawe is ook die laaste een
vir die kwartaal en ons sien jou weer einde Julie.

Komende naweek word `n grootskaalse huisskoonmaak beplan en gevolglik sal daar geen netwerktoegang wees nie - die ideale verskoning om e-pos te ignoreer en `n rustige tegnologielose
naweek te geniet.

As jy met vakansie gaan en ver ry, veilig reis en geniet die ruskansie.

Tech-groete, IT

-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

NUUS

SELFHELP WIKI

INTERNET

E-POS

GROEN IT

SEKURITEIT

OPLEIDING

-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
 

AFTYD DIE NAWEEK

As gevolg van kritiese opgraderings aan die US-netwerk sal daar vanaf 17h00 op Vrydag, 21 Junie 2013, tot 08h00 op Maandag, 24 Junie 2013 geen netwerktoegang beskikbaar wees nie.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

ONS IS OP SKYPE!

`n Paar jaar gelede kon jy ons net bel of e-pos stuur, toe kon jy ons blog lees en tweets volg. Nou kan jy selfs jou vrae vir ons op Skype vra, waar jy ookal in die wêreld is.

Kom kuier vir ons op Skype deur te soek na helpinfo@sun.ac.za of die gebruikersnaam itstellenuni.

-------------------------------------------------------

IT-KURSUSSE JUNIE & JULIE

Ons het sedert ons vorige uitgawe `n oorweldigende reaksie gehad op ons kursusse, spesifiek SharePoint. As jy kanssien vir een, laat weet ons, daar is nog `n gaatjie spesiaal vir jou ...

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

 

KUBERSTRIKKE VANG PERSONEEL

Ten spyte van waarskuwings en gereelde artikels oor "phishing" e-posse, wil dit voorkom of personeel steeds in kuberstrikke val deur te reageer op e-posse en persoonlike inligting te verskaf.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

----------------------------------------------------------

GRATIS WINDOWS 7 OPGRADERINGS

Sit jy nog opgeskeep met `n verouderde rekenaar met Windows XP? Ons het goeie nuus vir jou. Tot die einde van Desember sal IT jou rekenaar gratis opgradeer van Windows XP na Windows 7.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

e-mail
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
* Alle vorige weergawes van Bits & Bytes is aanlyn beskikbaar. Kliek hier om te sien wat jy gemis het.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
 
IT selfhelp wiki Twitter E-pos | E-mail Blog