For the English version of this newsletter, click here.
 
IN HIERDIE UITGAWE
» Moocs - word gratis slimmer!
» Gaan draadloos met jou konferensie
» Verklaar oorlog teen gemorspos
» Netwerkdienste onderbreek
» IT kursusse Junie & Julie

Dertig jaar gelede was die enigste draadloos die een wat jy gebruik het om middae vervolgverhale op Springbokradio te luister.

Deesdae het "draadloos" `n ander assosiasie. Maar, soos die suisende variasie, het die een ook voordele - veral as dit kom by konferensies. Ons vertel jou in die uitgawe meer.

Om aan te sluit by ons leertema van die vorige Bits & Bytes, gee ons meer inligting oor hoe jy weer `n student kan wees sonder om die bank te breek. Al wat jy nodig het is tyd, deursettingsvermoë en `n stabiele internetverbinding.

Tech-groete, IT

NUUS

SELFHELP WIKI

INTERNET

E-POS

GROEN IT

SEKURITEIT

OPLEIDING

 

-------------------------------------------------

NETWERKDIENSTE ONDERBREEK

As gevolg van kritiese opgraderings aan die US-netwerk sal daar vanaf 17h00 op Vrydag, 21 Junie 2013, tot 08h00 op Maandag, 24 Junie 2013 geen netwerktoegang beskikbaar wees nie.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

-------------------------------------------------

IT-KURSUSSE JUNIE & JULIE

Met die universiteitsvakansie om die draai, hopelik minder akademiese verpligtinge en rustiger dae, is dit dalk `n goeie tyd om jou MS Excel of MS Access-vaardighede te slyp.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

 

MOOCS - WORD GRATIS SLIMMER!

Klasloop, noukeurige notas neerpen en ure in `n biblioteek spandeer is vandag nie meer vereistes as jy jou lyf student wil hou nie. MOOCs, of te wel "massive open online courses" is deesdae die gonswoord en met goeie rede.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

-------------------------------------------------------

GAAN DRAADLOOS MET JOU KONFERENSIE

Soos ons nader beweeg aan die gebruik van eie, persoonlike toestelle binne die universiteitsomgewing, raak die behoefte en verwagting om oral en altyd toegang tot die internet te hê, toenemend groter.

Dis ook die geval by konferensies en ander akademiese geleenthede op kampus. Maar hoe gemaak om die lewe vir jou en jou konferensiegangers makliker te maak?

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

-------------------------------------------------------

VERKLAAR OORLOG TEEN GEMORSPOS

As jou dag se eerste e-pos, gemorspos is, is dit genoeg rede om jou frustrasievlakke voor die eerste koppie koffie al die hoogte in te laat skiet. Maar kan jy iets daaraan doen?

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

e-mail
 
IT selfhelp wiki Twitter E-pos | E-mail Blog