Bits & Bytes
For the English version of this newsletter, click here.
IN HIERDIE UITGAWE
» Sommige studentedienste
vanaand nie beskikbaar
» Voorgestelde riglyne vir toegangsbeheer op US- en privaattoerusting
» DRM - `n Sentrale Afrikaland?
» Digitale geletterdheidskursus
» Safecom - die feite en die vooruitsig
» Sien jy nog die ou
US-webwerf?

Ek is ongelukkig een van daai mense wat handleidings en omslagtige dokumentasie verpes. As jy ook so voel, gaan jy waarskynlik nie te opgewonde wees om te lees oor ons nuwe Eindgebruikertoerusting- en mediabeleid nie.


Natuurlik het dit minder interessante, tegniese dele (ons dink natuurlik nie so nie), maar dat dit wel die wyse waarop ons tegnologie gebruik op kampus, gaan verander, is `n onomwonde feit.

Maar as beleide jou verveel, het ons ook inligting oor die nuwe korporatiewe webblad en `n (gratis!) nuwe kursus.

 

Tech-groete, IT

NUUS

SELFHELP WIKI

INTERNET

E-POS

GROEN IT

SEKURITEIT

OPLEIDING

ALGEMEEN

 

SOMMIGE STUDENTEDIENSTE VANAAND NIE BESKIKBAAR

Om 22:00 Vrydagaand, 26 April, word sekere dienste en webapplikasies ( OIC en SOA Webserver ) vanaf ou, onstabiele hardeware na nuwe hardeware geskuif om `n meer stabiele omgewing te verseker vir toekomstige gebruik.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

--------------------------------------

DIGITALE GELETTERDHEIDSKURSUS

Goed, so jy beskou jouself as geletterd – jy kan jouself help met woorde – of dit nou geskryf of gelees moet word. Maar is jy digitaal geletterd? (En nee, Facebook tel nie)

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

--------------------------------------

spesiale aanbieding!

 

VOORGESTELDE RIGLYNE VIR TOEGANGSBEHEER OP US- EN PRIVAATTOERUSTING

Dis onvermydelik dat, saam met keuse en vryheid, daar ongelukkig ook riglyne, reёls en beleide moet wees. Dis ook die geval met die universiteit se benadering tot die gebruik van elektroniese toerusting (byvoorbeeld skootrekenaars, selfone en tablette, ens.) in die nabye toekoms.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

---------------------------------------------------------------------------------

DRM - `N SENTRALE AFRIKALAND?

Die afkorting klink soos `n verwysing na `n sentrale Afrikaland en alhoewel DRM ook versigtige bestuur behels, is dit minder tasbaar en strek dit wel oor grense heen.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

--------------------------------------------------------------------------------

SAFECOM - DIE FEITE EN DIE VOORUITSIG

Die woord Safecom wek die afgelope paar maande `n kombinasie van paniek en frustrasie – en dis net by IT-personeel. Want net soos julle, die gebruikers op kampus, is ons ook moeg gesukkel. Die goeie nuus is egter, dat ons na al die maande se gewroeg en naels stomp kou, nader is aan `n oplossing en die lig aan die einde van die tonnel inderdaad nie `n aankomende trein is nie.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

--------------------------------------------------------------------------------

SIEN JY NOG DIE OU US-WEBWERF?

Die afgelope Maandag is ons verras deur `n splinternuwe US-tuisblad, maar sommige mense kon nie dadelik die nuwe www.sun.ac.za sien nie. Ons verduidelik hoekom en hoe om dit reg te maak.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL