Bits & Bytes
For the English version of this newsletter, click here.

In `n donker hoekie van jou motorhuis sit en wag `n stapel bokse sedert jy drie jaar gelede ingetrek het geduldig dat jy hul onbekende en waarskynlik vergete inhoud uitsorteer.

Jou data mag in dieselfde posisie beland as jy dit nie vroegtydig organiseer en bestuur nie. Dié week kyk ons na 'n alternatiewe opgaarplek vir jou inligting.

   

In ander IT-nuus word beweer dat Facebook in Suid-Afrika deesdae 1 miljoen minder gebruikers het. Het ons moeg geword vir Facebook? Is jy nog `n ywerige Facebook-gebruiker of het jy al groener weivelde gevind?

Tech-groete, IT

   
NS. Die Safecom drukkertoue word die naweek geskuif en gevolglik sal alle dokumente wat teen môreoggend 06:00 nog nie gedruk is nie, verwyder word.
IN HIERDIE UITGAWE
» Wie is aan die (be)stuur?
» Te veel data? Bêre dit op `n wolk
» Jou dokumente waar jy ookal is
» Memes neem oor
» Maak sosiale media ons meer vyandig?
spesiale aanbieding!

NUUS

SELFHELP WIKI

INTERNET

E-POS

GROEN IT

SEKURITEIT

OPLEIDING

ALGEMEEN

 

WIE IS AAN DIE (BE)STUUR?

Dave Platt het per geleentheid gesĂȘ "Managing senior programmers is like herding cats." So wie bestuur hierdie groep en ook die res van IT se personeel?

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

-----------------------------------------------------------------------

TE VEEL DATA? BêRE DIT OP 'N WOLK

Verlede jaar het ons julle meer vertel van "cloud storage", wat dit behels en wat die opsies is as jy jou inligting erens op `n wolkie wil bêre. (lees die artikels hier) As jy nog nie die groot virtuele stap geneem het nie, het ons vandag meer inligting vir jou - dié keer spesifiek oor Microsoft se Skydrive.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

----------------------------------------------------------------------------

MAAK SOSIALE MEDIA ONS MEER VYANDIG?

Volgens 'n onlangse opname deur VitalSmarts glo vier uit vyf mense dat beleefheid in sosiale media besig is om drasties af te neem. Terselfdertyd is die week aangekondig dat 1 miljoen minder gebruikers aangeteken het op Facebook in Suid-Afrika. Is ons besig om die negatiewe impak van sosiale media te begin sien of raak ons maar net verveeld met Facebook?

LEES MEER OOR VITALSMARTS SE OPNAME

 

JOU DOKUMENTE WAAR JY OOKAL IS

Het jy geweet jy kan die dokumente wat jy gestoor het op jou netwerkspasie van enige plek in die wêreld bereik? Weg is die dae van dokumente op `n onbetroubare geheuestokkie kopieer as jy oorsee gaan.

Gaan bloot na http://storage.sun.ac.za, teken aan met jou netwerk gebruikersnaam en wagwoord en jy's reg vir aksie.

---------------------------------

MEMES NEEM OOR

Eers was dit die dansende baba en deesdae is die Harlem Shake die hele internet vol. Hierdie verspotte, tog verslawende verskynsels word memes genoem en is net so lukraak en vermaaklik as hul lewendige flitsbende-weergawes.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL