IN HIERDIE UITGAWE
» "Phishing" jou uitgevang?
» Hou jou selfoon veilig
» Oppas vir simkaartbedrog
» Tygerberg loop deur onder foonswendelary
» Twitter geteiken deur kuberkrakers
  For the English version of this newsletter, click here.

Ons almal weet die wêreld is nie meer die veiligste plek nie - veral in
die lig van die afgelope paar weke se gebeure. As dit by ons en ons
gesinne se veiligheid kom, neem ons die beste moontlike maatreëls
om onsself te beskerm. Dieselfde kan ongelukkig nie gesê word van
die elektroniese inligting wat ons identiteite en dus ook, ons persoonlike
veiligheid, beskerm nie.

`n Sprekende voorbeeld is die e-pos wat die week die rondtes gedoen
het en personeel versoek het om te reageer met hulle gebruikersname
en wagwoorde. `n Groot groep het sonder
huiwering die gevraagde
inligting verskaf en selfs meer het op IT se amptelike e-pos self reageer
met hul gebruikersname en wagwoorde.

Ons kan weereens nie genoeg beklemtoom dat jy NOOIT per e-pos jou wagwoord of ander inligting aan iemand moet verskaf nie. Lees meer hieroor en van ander veilligheidswenke in dié week se uitgawe.

Tech-groete, IT

NUUS

SELFHELP WIKI

INTERNET

E-POS

GROEN IT

SEKURITEIT

OPLEIDING

ALGEMEEN

 

"PHISHING" JOU UITGEVANG?

Indien u `n e-pos ontvang met onderstaande inhoud wat lyk of dit deur die US IT-afdeling gestuur is moet onder geen omstandighede op die skakels kliek of daarop reageer nie.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

----------------------------------------------------------------------------------

OPPAS VIR SIMKAARTBEDROG

Dis `n bekende kuberstrik, maar as dit met een van jou kollegas gebeur, word dit skielik `n realiteit en groter moontlikheid dat dit ook met jou kan gebeur. SIM-kaartbedrog vind plaas as kuberkriminele `n SIM-kaart ruiling gebruik om jou sekuriteitsboodkappe en eenmalige wagwoorde, gestuur deur jou bank, te bekom.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

-----------------------------------------------------------------------------------

TWITTER GETEIKEN DEUR KUBERKRAKERS

Kuberkrakers gebaseer in China het onlangs toegang tot beide die New York Times en Wall Street Journal se sekuriteitstelsels verkry. Terselfdertyd het Twitter ook aangekondig dat ongeveer 250 000 Twitterrekeninge blootgestel is deur dieselfde krakers.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

 

HOU JOU SELFOON VEILIG

Jou slimfoon is deesdae net so kragtig soos jou skoot- of tafelrekenaar van `n paar jaar gelede. Jy stoor ook meer persoonlike en werksinligting daarop en is feitlik altyd verbind aan die internet.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

----------------------------------

TYGERBERG LOOP DEUR ONDER FOONSWENDELARY

'n Foonswendelary het onlangs rooi ligte laat aangaan op Tygerberg en die res van kampus mag dalk ook onder dié slim bedrieërs deurloop. Wees asseblief bewus van hierdie verskynsel wat sommige slagoffers reeds honderde rande gekos het.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL