Bits & Bytes IT newsletter
 

NUUS

SELFHELP WIKI

INTERNET

E-POS

GROEN IT

SEKURITEIT

OPLEIDING

   
 
For the English version of this newsletter, click here.
 
IN HIERDIE UITGAWE
» IT Gebruikersdienste speel Kersvader
» CHOC-huise bied "tuiste weg van die huis"
» Gratis opleidingsgeleenthede vir aspirant IT-deskundiges
» Wil jy dié Kersfees iets teruggee?

Dis weer daardie tyd van jaar. Jy is doodmoeg en reg vir `n welverdiende vakansie erens by die see waar niemand jou kan pla nie (wel, behalwe jou kinders en beterhelfte) Maar voordat jy jou voete in die lug sit, lê daar nog een hindernis voor...

Kersfeesinkopies. Ons het, soos altyd, `n oplossing. In plaas van om ure te spandeer in die doolhof van `n winkelsentrum, hoekom gee jy nie dié jaar eerder iets vir iemand wat nie so gelukkig is om `n seevakansie of `n hoop geskenk as vooruitsig te hê nie?

Dink net, jy kan al daardie tyd spaar as jy nie die nuutste, waarskynlik uitverkoopte, Xbox-speletjie vir junior of die nuwe Justin Bieber-cd vir sussie hoef te gaan soek nie! En kom ons wees nou eerlik, het iemand regtig nog `n botteltjie naskeermiddel of handeroom nodig?

Feesgety-groete van oorkant Merriman en veilig reis!
Die IT-span

 
 

IT GEBRUIKERSDIENSTE SPEEL KERSVADER

Informasietegnologie se Gebruikersdienste-afdeling het hierdie jaar besluit om hul Kersfeespersente te verruil vir `n glimlag op iemand anders se gesig.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

 

Geseënde Kersfees!

 

CHOC-HUISE BIED "TUISTE WEG VAN DIE HUIS"

CHOC Childhood Cancer Foundation SA is `n nasionale organisasie wat toegewy is aan die ondersteuning van kinders, en hulle families, wat die stryd teen kanker of ander lewensbedreigende, bloedverwante siektes veg.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

GRATIS OPLEIDINGSGELEENTHEDE VIR ASPIRANT IT-DESKUNDIGES

Microsoft het onlangs aangekondig dat die maatskappy van plan is om `n aantal kursusse vir US-personeel en hulle kinders te borg. CTU Training Solutions, die maatskappy wat tans IT-kursusse aan personeel bied, het Universiteit Stellenbosch, as een van hulle 3 grootste kliënte, genader met hierdie unieke Microsoft-aanbod.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

 

WIL JY DIé KERSFEES IETS TERUGGEE?

Jy het dit dalk al oorweeg om uit te help met liefdadigheidswerk, of dit nou geld insamel, vrywilligerswerk, of Kersfeesgeskenke vir minderbevoorregte kinders koop, is. Maar hoe weet jy watter organisasies regtig hulp nodig het en hoe gaan jy te werk om hulle te help?

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

 
  IT Kontakinligting