Bits & Bytes
 

NUUS

SELFHELP WIKI

INTERNET

E-POS

GROEN IT

SEKURITEIT

OPLEIDING

   
 
For the English version of this newsletter, click here.
 
IN HIERDIE UITGAWE
» Tyd vir `n webwerf?
» So jy wil `n webfundi wees?
» Waarvoor gebruik Suid-Afrikaners hulle slimfone?
» IT Jaareindfunksie vanmiddag

Die internet is `n omvangryke en op die oog af, oorweldigende tegnologiese verskynsel. In die huidige era waarin ons leef is dit ook feitlik onmoontlik vir `n maatskappy om te oorleef sonder een of ander vorm van aanlyn-teenwoordigheid.

Dieselfde geld vir die universiteit en sy akademiese en administratiewe departemente en afdelings. Maar waar begin jy as jou departement of afdeling sy eie webwerf op die been wil bring?

Ons het antwoorde op hierdie vraag en `n paar ander interessanthede in die week se nuusbrief.

Groete van oorkant Merriman
Die IT-span

   
 
 

TYD VIR `N WEBWERF?

Watter platform moet ek gebruik om my departement/fakulteit of afdeling se webwerf te skep en publiseer? Hierdie is `n vraag wat die afdelings IT en E-kommunikasie op `n gereelde basis gevra word. In antwoord hierop het ons die volgende riglyne en advies saamgestel.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

 

SO JY WIL `N WEBFUNDI WEES?

Goed, jou departement het ingegee en besluit dis tyd vir `n webwerf. Jy is egter gekies as die gelukkige persoon wat die hele projek van begin tot einde moet bestuur...

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

 

WAARVOOR GEBRUIK SUID-AFRIKANERS HULLE SLIMFONE?

Het jy al ooit gewonder waarvoor ander Suid-Afrikaners hulle slimfone gebruik? Wel, ontwerpers Grant Barnard en Elizabeth Ross het die feite omskep in `n eenvoudige visuele opsomming.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

IT JAAREINDFUNKSIE VANMIDDAG

IT se Jaareindfunksie vind plaas op Vrydag, 23 November 2012, vanaf 12h00. Slegs beperkte IT ondersteuning sal beskikbaar wees. Skakel die Dienstoonbank by 021 808 4367 vir dringende stelselprobleme.

Individuele rekenaarverwante navrae en probleme kan per epos aan help@sun.ac.za gestuur word vir hantering na die naweek.

 
  IT contact details | IT kontakdetails