NUUS

SELFHELP WIKI

INTERNET

E-POS

GROEN IT

SEKURITEIT

OPLEIDING

   
 
For the English version of this newsletter, click here.
 
IN HIERDIE UITGAWE
» Jou persoonlike inligting in die verkeerde hande
» Ly jy aan wagwoord-uitputting?
» Tyd vir jou rekenaar se kuber-inenting
» Virtuele klaskamers word `n werklikheid by Worcester-kampus

22- 26 Oktober 2012 was Nasionale Kubersekuriteit Bewustheidsweek (probeer DIT vinnig sê!). Wie sou 10 jaar gelede gedink het dat daar `n spesiale week gewy word aan die veiligheid van die kuberruimte?

Jou data en persoonlike inligting is daagliks blootgestel aan verskeie sekuriteitsrisikos en die verlies daarvan kan jou lewe baie moeilik maak. Daar is wel `n paar eenvoudige stappe wat jy kan neem om seker te maak jou inligting beland nie in verkeerde hande nie.

Groete van oorkant Merriman
Die IT-span

   
 
 

JOU PERSOONLIKE INLIGTING IN DIE VERKEERDE HANDE

As jy enigsins so sku vir administrasie en liasseerwerk is soos ek, ontvang jy ook deesdae al jou state en rekeninge per e-pos in plaas van slakkepos.

Het jy al gedink wat `n kuberkrimineel met al daardie inligting kan maak as hy sy skelm handjies daarop kry?

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

 

LY JY AAN WAGWOORD-UITPUTTING?

Volgens `n studie wat in Augustus in die VSA uitgevoer is, het die 3 uit 5 volwassenes 5 of meer unieke aanlyn wagwoorde. Dis dan ook geen wonder dat ons so sukkel om almal te onthou nie.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

 

TYD VIR JOU REKENAAR SE KUBER-INENTING

Elke jaar gaan jy dokter toe om `n griepinspuiting te kry. Jy moet jaarliks gaan omdat die virus verander en nuwe mutasies die hele tyd ontwikkel. Rekenaarvirusse werk presies dieselfde!

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

VIRTUELE KLASKAMERS WORD `N WERKLIKHEID BY WORCESTER-KAMPUS

Die gebruik van virtuele gebruikerskoppelvlakke word al vir `n geruime tyd met groot sukses op die hoofkampusse gebruik. Weens die hoë kostes verbonde aan die infrastruktuur kon kleiner kampusse soos Tygerberg en Belville Park nie gebruik maak van hierdie tegnologie nie.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

 
  IT contact details | IT kontakdetails