Bits & Bytes koffie?
 

NUUS

SELFHELP WIKI

INTERNET

E-POS

GROEN IT

SEKURITEIT

OPLEIDING

   
 
For the English version of this newsletter, click here.
 
IN HIERDIE UITGAWE
» Wat is die "cloud"?
» Watter een om te kies?
» Elke wolk het `n silwer randjie
» `n Gids tot datarugsteuning
» Wagwoordsinkronisasie `n kopseer?
» Nuwe prosedure vir netwerkpunte

Vandag se triestige weer het moontlik `n rol gespeel in die onderwerpkeuse die week. En ek moet julle waarsku, hierdie gaan maar `n stormagtige en bewolkte nuusbrief wees.

Soos julle dalk al kon raai, (te danke aan al my onsubtiele woordspelings) is die fokus die week op "clouds" - nie die soort wat waterdruppels huisves nie, maar eerder `n ander tipe wolkbank. Pluk dus uit jou sambreel en lees verder as jy braaf is.

 

Groete van oorkant Merriman
Die IT-span

 
 
 

WAT IS DIE "CLOUD"?

Die nuutste gonswoord die afgelope paar maande is "cloud computing", maar wat is hierdie sogenaamde"cloud" waarvan almal praat?

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

 

WATTER EEN OM TE KIES?

Noudat jy weet wat `n "cloud" is, is die volgende uitdaging om uit die magdom keuses een te kies wat aan jou behoeftes voorsien. Ons het probeer om die verskillende opsies te ontsyfer.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

cloud

 

ELKE WOLK HET `N SILWER RANDJIE

Moenie `n fout maak nie, die beweging na "cloud computing" is `n groot verskynsel, maar voordat jy inligting op `n wolk gaan bêre, is dit belangrik dat jy moet weet wat die risikos is.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

`N GIDS TOT DATARUGSTEUNING

Of dalk moet die titel van die artikel eerder wees "Hoe om jou uitstelverslawing te oorwin in 5 maklike stappe!". Want, kom ons wees nou maar eerlik, daar is `n magdom interessanter dinge wat ek eerder sal doen as om elke Vrydag my data te rugsteun.

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

 

WAGWOORDSINKRONISASIE `N KOPSEER?

Elke 90 dae kry jy `n e-pos vanaf die IT Dienstoonbank wat jou vriendelik versoek om jou wagwoord te verander. Ons almal weet dat, alhoewel dit irriterend is, dit ook nodig is. Maar is daar `n manier om die verandering gladder te laat verloop?

LEES DIE VOLLEDIGE ARTIKEL

NUWE PROSEDURES VIR NETWERKPUNTE NOU IN PLEK

As jy binnekort aansoek vir `n netwerkpunt wil doen, is dit belangrik om te weet dat versoeke vir netwerkkoppeling deesdae met `n KKW-versoek aangevra moet word. Fasiliteitbestuur sal met jou reël vir die plasing van ‘n bestelling vir bekabeling en aandui watter bedrag aan Informasietegnologie per interdepartementele rekwisisie gerig moet word vir netwerktoerusting. As jy enige navrae het, kontak ons gerus by netinfra@sun.ac.za.

 
  IT Kontakinligting